Wie is Ontsyfer Wiskunde?

My naam is Ohna. Ek is 'n mamma van 'n tweeling en ek het 'n ongelooflike passie vir kinders, die onderwys en WISKUNDE!!

Ek het in 2007 my B.Ed graad voltooi aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom). Ek het dadelik begin skoolhou en het van dag 1 af Wiskunde aangebied. Ek het ondervinding van Gr 4 tot 12 en ek glo dat ek 'n gawe ontvang het om Wiskunde so bietjie makliker oor te dra aan leerders (maak nie saak hoe klein of groot nie) - sodat hulle dit beter kan verstaan. 

Ek glo julle sal baat vind by die notas en lesse en as daar enige spesifieke voorstelle of navrae is, moet asb nie huiwer om my te kontak nie. Neem asb altyd in ag dat ek 'n voltydse juffrou, vrou en mamma ook is en dat ek nie dadelik alle navrae kan beantwoord nie...

Mag julle Wiskunde al hoe meer geniet en julle punte sommer saam met dit verbeter. 

Wiskunde Groete

Juffrou Ohna